aanhaling [boodskap #133128] |
Sun, 23 August 2020 17:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanhaling
Afbreking: aan•ha•ling
Selfstandige naamwoord: aanhaling
Meervoud: aanhalings, aanhalinge
Verkleinwoord: aanhalinkie
Meervoud van verkleining: aanhalinkies
Betekenis:
• 'n Stuk teks wat net so vanaf 'n ander bron af gebruik (aangehaal) word.
Gebruik:
• "Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het" is 'n aanhaling van C.J. Langenhoven.
Sinoniem:
• sitaat
Afkorting:
• aanh.
Afgelei:
• aanhalingsteken
Vertaling:
Engels: quotation, citation
Nederlands: aanhaling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|