hoofstroom [boodskap #133121] |
Sun, 23 August 2020 13:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hoofstroom
Afbreking: hoof•stroom
Samestelling: hoof + stroom
Selfstandige naamwoord: hoofstroom
Meervoud: hoofstrome
Verkleinwoord: hoofstroompie
Meervoud van verkleining: hoofstroompies
Betekenis:
• Die heersende stroming van 'n watermassa, of figuurlik, wat vir die groter massa (mense) geld.
Gebruik:
• Begaafde kinders is soms uit pas met die hoofstroom, is uiters gefrustreerd en bereik dikwels nie hul potensiaal nie.
Vertaling:
Engels: mainstream
Nederlands: hoofdstroming
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|