biljard [boodskap #133116] |
Sat, 22 August 2020 16:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
biljard
Afbreking: bil•jard
Telwoord: biljard
Betekenis:
• 'n Duisend biljoen; die getal 1 000 000 000 000 000; 10 tot die mag 15.
Gebruik:
• Tydes die hadrontydperk het die temperatuur van die heelal tot sowat 1 biljoen grade C afgekoel.
Verwant:
• biljardste
Vertaling:
Engels: quadrillion
Nederlands: biljard
Selfstandige naamwoord: biljard
Meervoud: biljarde
Betekenis:
• Die getal 1015.
Gebruik:
• Die regering wil biljarde spandeer op kernkragsentrales wat die land eenvoudig nie kan bekostig nie.
Vertaling:
Engels: quadrillion
Nederlands: biljard
Nota:
• Moenie biljard ('n getal) met biljart ('n spel) verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|