biljoen [boodskap #133115] |
Sa, 22 Augustus 2020 15:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
biljoen
Afbreking: bil•joen
Telwoord: biljoen
Betekenis:
• 'n Duisend miljard; die getal 1 000 000 000 000; 10 tot die mag 12.
Gebruik:
• 'n Biljoen sekondes duur ongeveer 31 690 jaar.
• Die Andromeda-sterrestelsel, die naaste spiraalsterrestelsel aan die Aarde, het sowat 1 biljoen sterre.
Verwant:
• biljoenste
• biljoenêr
Vertaling:
Engels: trillion
Nederlands: biljoen
Selfstandige naamwoord: biljoen
Meervoud: biljoene
Betekenis:
• Die getal 1012.
Gebruik:
• Die menslike liggaam bestaan uit biljoene mikroskopiese selle.
Vertaling:
Engels: trillion
Nederlands: biljoen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|