Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tenk
tenk [boodskap #133028] Sat, 22 August 2020 10:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Militêre tenk.
'n Militêre tenk.
'n Mobiele watertenk.
'n Mobiele watertenk.
tenk
Afbreking: tenk


Selfstandige naamwoord: tenk
Meervoud: tenks, tenke
Verkleinwoord: tenkie
Meervoud van verkleining: tenkies

Betekenis:
• 'n Groot sluitbare vat of reservoir, meestal van metaal, waarin vloeistof geberg word.
• 'n Gepantserde en swaar bewapende oorlogsvoertuig op rusperbande; pantserwa.

Gebruik:
• Maak asseblief die motor se tenk vol petrol.
• Die tenk het 'n deurbraak in die stagnasie van loopgraafoorlog teweeggebring.

Hiponiem:
• haaitenk
• vistenk
• watertenk

Afgelei:
• tenkinhoud
• tenkmaat
• tenkskip
• tenktrok
• tenkvliegtuig
• tenkwa

Vertaling:
Engels: tank, cistern; tank
Nederlands: tank

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eskadron
Volgende onderwerp: een-en-veertigste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 20:19:55 UTC 2025