linkerhand [boodskap #132982] |
Fri, 21 August 2020 14:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
linkerhand
Afbreking: lin•ker•hand
Samestelling: linker + hand
Selfstandige naamwoord: linkerhand
Meervoud: linkerhande
Verkleinwoord: linkerhandjie
Meervoud van verkleining: linkerhandjies
Betekenis:
• Die hand aan die kant van die liggaam waar die hart is.
Gebruik:
• Haar linkerhand is in 'n verband verbind.
Spreekwoord:
• Met die linkerhand trou. [Huwelik van 'n man uit die adelstand met 'n vrou uit 'n laer stand.]
• Die linkerhand weet nie wat die regterhand doen nie. [As 'n mens iets goeds doen, moet hy dit nie oral rondvertel nie.]
Antoniem:
• regterhand
Afgelei:
• linkshandig
Hiperoniem:
• hand
Afkorting:
• lh.
Vertaling:
Engels: left hand
Nederlands: linkerhand
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|