regterhand [boodskap #132981] |
Fri, 21 August 2020 14:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
regterhand
Afbreking: reg•ter•hand
Samestelling: regter + hand
Selfstandige naamwoord: regterhand
Meervoud: regterhande
Verkleinwoord: regterhandjie
Meervoud van verkleining: regterhandjies
Betekenis:
• Die hand aan dié teenoorgestelde kant van die liggaam waar die hart is.
Gebruik:
• Hy het sy regterhand verstuit.
Spreekwoord:
• Hy is my regterhand. [Iemand se grootste steun.]
• Die linkerhand weet nie wat die regterhand doen nie. [As 'n mens iets goeds doen, moet hy dit nie oral rondvertel nie.]
Antoniem:
• linkerhand
Afgelei:
• regshandig
Hiperoniem:
• hand
Afkorting:
• rh.
Vertaling:
Engels: right hand
Nederlands: rechterhand
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|