uitlaatpyp [boodskap #132979] |
Fri, 21 August 2020 14:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitlaatpyp
Afbreking: uit•laat•pyp
Samestelling: uitlaat + pyp
Uitspraak: /ˈœʏ̯tlɑːtˌpəɪ̯p/
Selfstandige naamwoord: uitlaatpyp
Meervoud: uitlaatpype
Verkleinwoord: uitlaatpypie
Meervoud van verkleining: uitlaatpypies
Betekenis:
• 'n Pyp waardeur uitlaatgasse vanaf 'n motor weggevoer word.
Gebruik:
• Die kinders het 'n aartappel in die onderwyser se spogmotor se uitlaatpyp gedruk.
Vertaling:
Engels: exhaust pipe
Nederlands: uitlaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|