aflê [boodskap #132976] |
Fri, 21 August 2020 12:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aflê
Afbreking: af•lê
Samestelling: af + lê
Werkwoord: lê af, aflê
Verlede tyd: het afgelê
Betekenis:
• Iets doen; 'n taak verrig.
• 'n Afstand oorbrug.
• Laat vaar; opgee of afdank.
Gebruik:
• Ons moet twee eksamens aflê.
• Ons het 20 km per dag afgelê.
• Die maatskappy wil 30 mense aflê. Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid. [Efesiërs 4:25]
Afgelei:
• aflegging
Vertaling:
Engels: to take, sit for; to cover
Nederlands: afleggen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|