bloedjonk [boodskap #132938] |
Wed, 19 August 2020 12:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bloedjonk
Afbreking: bloed•jonk
Samestelling: bloed + jonk
Byvoeglike naamwoord: bloedjonk
Attributief: bloedjong
Betekenis:
• Intensiewe vorm van jonk. Nog baie jonk.
Gebruik:
• Ek was nog bloedjonk en onervare, maar almal moet seker iewers begin.
Sinoniem:
• piepjonk
Antoniem:
• horingoud
• stokoud
Vertaling:
Engels: very young
Nederlands: piepjong
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|