Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boet
boet [boodskap #132933] Wed, 19 August 2020 10:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
boet
Afbreking: boet
Uitspraak: /but/


Selfstandige naamwoord: boet
Meervoud: boete
Verkleinwoord: boetie
Meervoud van verkleining: boeties

Betekenis:
• 'n Manlike kind van dieselfde ouers.
• Aanspreekvorm vir 'n jong seun; mannetjie; maat.

Gebruik:
• Ek en my boet gaan visvang.
Boet, jy sal moet opskud.

Sinoniem:
• boeta
• broer
• broeder

Afgelei:
• boetman
• grootboet
• ouboet
• kleinboet

Vertaling:
Engels: brother; lad, boy
Nederlands: broeder, broer
Xhosa: ubhuti
Zoeloe: ubhuti


Werkwoord: boet
Verlede tyd: het geboet

Betekenis:
• Straf vir 'n oortreding ondergaan, dikwels in die vorm van kompensasie.

Gebruik:
• Jy sal nog boet vir jou oortredings.

Afgelei:
• boetedoening
• boetegeld
• boeteling

Vertaling:
Engels: to atone, pay, suffer
Nederlands: boeten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: banggat
Volgende onderwerp: ruimteteleskoop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 18:27:41 UTC 2025