sinlik [boodskap #132927] |
Wed, 19 August 2020 08:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sinlik
Afbreking: sin•lik
Byvoeglike naamwoord: sinlik
Vergrotende trap: sinliker
Oortreffende trap: sinlikste
Attributief: sinlike
Partitief: sinliks
Betekenis:
• Wat mooi en aangenaam is; die sinne prikkel.
Gebruik:
• Kleredrag moet netjies en sinlik wees.
• Talle mense se lewens is verwoes omdat hulle aan hul sinlike begeertes toegegee het.
Sinoniem:
• eroties
• prikkelend
• sensueel
• sinnelik
Afgelei:
• sinlikheid
Vertaling:
Engels: sensual, carnal
Nederlands: zinlijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|