verjonging [boodskap #132921] |
Tue, 18 August 2020 19:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verjonging
Afbreking: ver•jon•ging
Uitspraak: /fərˈjɔŋəŋ/
Selfstandige naamwoord: verjonging
Meervoud: verjonginge, verjongings
Betekenis:
• Die proses van jonger word of jonger maak.
Gebruik:
• Daar is talle produkte wat verjonging en ewigdurende jeug aan naïewe gebruikers belowe.
Sinoniem:
• regenerasie
• vernuwing
Antoniem:
• veroudering
Afgelei:
• verjongingsmiddel
• verjongingskuur
• verjongingslyfroom
Vertaling:
Engels: rejuvenation, renewal, regeneration
Nederlands: verjonging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|