kloaak [boodskap #132897] |
Mon, 17 August 2020 07:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kloaak
Afbreking: klo•aak
Selfstandige naamwoord: kloaak
Meervoud: kloake
Betekenis:
• Die gekombineerde derm- en urienuitgang by bepaalde diersoorte wat ook as geslagsorgaan dien.
• Riool of 'n slykpoel.
Gebruik:
• Byna alle voëls, reptiele en amfibieë het 'n kloaak.
• Die munisipale dienslewering is so swak dat die kloaak al die strate afvloei.
Wisselvorm:
• kloaka
Afgelei:
• kloaakopening
Vertaling:
Engels: cloaca; sewerage
Nederlands: cloaca
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|