persoonlikheid [boodskap #132887] |
Sun, 16 August 2020 19:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
persoonlikheid
Afbreking: per•soon•lik•heid
Uitspraak: /pərˈsʊə̯n.lək.ɦəi̯t/
Selfstandige naamwoord: persoonlikheid
Meervoud: persoonlikhede
Verkleinwoord: persoonlikheidjie
Meervoud van verkleining: persoonlikheidjies
Betekenis:
• Die geheel van kenmerke en gedragspatrone wat iemand uniek maak.
• Iemand wat aan die groter publiek bekend is.
Gebruik:
• Persoonlikheid word gewoonlik in vyf komponente verdeel, naamlik openheid vir ervaring, pligsgetrouheid, ekstroversie, vriendelikheid en emosionaliteit.
• Sy is 'n bekende TV-persoonlikheid.
Sinoniem:
• karakter
Afgelei:
• radiopersoonlikheid
• TV-persoonlikheid
Verwant:
• personologie
Vertaling:
Engels: personality
Nederlands: persoonlijkheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|