Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » differensiasie
differensiasie [boodskap #132785] Sun, 16 August 2020 08:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
differensiasie
Afbreking: dif•fe•ren•si•as•ie


Selfstandige naamwoord: differensiasie
Meervoud: differensiasies

Betekenis:
• 'n Onderskeid tref, of die proses om iets anders te maak.
• (biologie) Wanneer selle in hulle normale ontwikkeling 'n sekere bou, vorm en eienskappe aanneem om 'n spesifieke funksie in 'n weefsel of orgaan te vervul.
• (wiskunde) Die oombliklike tempo van verandering in funksiewaarde oor die invoerwaarde.

Gebruik:
• Kom die regering se differensiasie tussen wit en swart neer op onregverdige diskriminasie?
Differensiasie verwys na die stappe wat 'n sel deurloop om volwasse te word.
• Die belangrikste toepassing van differensiasie is om die minimum en maksimum vir 'n probleem te bepaal.

Afgelei:
• differensiasiebeginsel
• differensiasiereëls
• seldifferensiasie

Antoniem:
• dedifferensiasie

Verwant:
• differensieer
• gedifferensieerd

Vertaling:
Engels: differentiation
Nederlands: differentiatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: welvaartstaat
Volgende onderwerp: beskermheilige
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 15:58:44 UTC 2025