veelhoek [boodskap #132782] |
Sun, 16 August 2020 07:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veelhoek
Afbreking: veel•hoek
Samestelling: veel + hoek
Selfstandige naamwoord: veelhoek
Meervoud: veelhoeke
Verkleinwoord: veelhoekie
Meervoud van verkleining: veelhoekies
Betekenis:
• 'n Meetkundige figuur op 'n plat vlak, gevorm deur 'n geslote ketting van 'n eindige aantal lynstukke.
Gebruik:
• Die ekwivalent van 'n "veelhoek" in drie dimensies heet 'n veelvlak.
Sinoniem:
• poligoon
Afgelei:
• veelhoekig
Hiponiem:
• driehoek
• vierhoek
• vyfhoek (pentagoon)
• seshoek (heksagoon)
• sewehoek (heptagoon)
• agthoek (oktogoon)
• negehoek (nonagoon)
• tienhoek (dekagoon)
• elfhoek (endekagoon)
Vertaling:
Engels: polygon
Nederlands: veelhoek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|