Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dobber
dobber [boodskap #132773] Sat, 15 August 2020 18:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
dobber
Afbreking: dob•ber


Werkwoord: dobber
Verlede tyd: het gedobber
Teenwoordige deelwoord: dobberende

Betekenis:
• Op en af in die water beweeg.

Gebruik:
• Die drenkeling het ure lank op die water gedobber voordat hy deur 'n reddingsboot opgepik is.

Vertaling:
Engels: to bob, drift
Nederlands: dobberen


Selfstandige naamwoord: dobber
Meervoud: dobbers
Verkleinwoord: dobbertjie
Meervoud van verkleining: dobbertjies

Betekenis:
• (visvang) 'n Drywende voorwerp wat onder die water in verdwyn as 'n vis byt.

Gebruik:
• Die visserman sit 'n dobbertjie aan sy lyn.

Vertaling:
Engels: float, buoy
Nederlands: dobber

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pentagoon
Volgende onderwerp: klemtoonhomogram
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 15:32:57 UTC 2025