erts [boodskap #132758] |
Sat, 15 August 2020 15:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
erts
Afbreking: erts
Uitspraak: /ɛrts/
Selfstandige naamwoord: erts
Meervoud: ertse
Betekenis:
• Rots uits die aarskors wat waardevolle minerale (meestal metale) bevat wat ekonomies ontginbaar is.
Gebruik:
• Yster word vanuit erts onttrek deur dit met 'n chemiese element (soos koolstof) te verbind wat die suurstof daaruit verwyder.
Sinoniem:
• delfstof
• mineraal
Afgelei:
• ertsaar
• ertsafsetting
• ertsbed
• ertsbereiding
• ertsbreker
• ertsbrekery
• ertsdraer
• ertsgehalte
• ertshoudend
• ertslaag
• ertsmeul
• ertsmonster
• ertsondersoek
• ertsondersoeker
• ertsoond
• ertspyp
• ertsrif
• ertsryk
• ertssif
• ertsspleet
• ertsstamper
• ertsstof
• ertstrog
• ertswals
• ertswassery
• ertswinning
• gouderts
• ystererts
Vertaling:
Engels: ore
Nederlands: erts
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|