raadpleeg [boodskap #132757] |
Sat, 15 August 2020 12:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
raadpleeg
Afbreking: raad•pleeg
Samestelling: raad + pleeg
Uitspraak: /ˈrɑːt.plɪə̯χ/
Werkwoord: raadpleeg
Verlede tyd: het geraadpleeg
Teenwoordige deelwoord: raadplegende
Betekenis:
• Ander se raad en ervaring bekom en in ag neem.
Gebruik:
• Raadpleeg tog asseblief eers 'n geneesheer voor julle enige van hierdie ou Boererate gebruik.
Sinoniem:
• konsulteer
Afgelei:
• raadpleging
Vertaling:
Engels: to consult, confer
Nederlands: raadplegen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|