moeras [boodskap #132754] |
Sat, 15 August 2020 11:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
moeras
Afbreking: moe•ras
Uitspraak: /muˈras/
Selfstandige naamwoord: moeras
Meervoud: moerasse
Verkleinwoord: moerassie
Meervoud van verkleining: moerassies
Betekenis:
• 'n Groot gebied met vlak water wat nie wegloop nie en papperige grond waarin in mens in kan wegsink.
Gebruik:
• 'n Moeras bied broeiplek aan muskiete, kan nie bewerk word nie, en bemoeilik die bou van paaie, spoorweë ens.
Afgelei:
• moerasagtig
• moerasagtige
• moerasgas
• moerasgras
• moerashabitat
• moeraskoors
• moerasland
• moerasplant
• moerassig
• moerasturf
Vertaling:
Engels: marsh, bog, swamp
Nederlands: moeras
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|