kajuitkoors [boodskap #132726] |
Fri, 14 August 2020 09:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kajuitkoors
Afbreking: ka•juit•koors
Samestelling: kajuit + koors
Selfstandige naamwoord: kajuitkoors
Meervoud: –
Betekenis:
• Die gevolg van langdurige fisiese isolasie in 'n beperkte ruimte, soos wanneer mens in 'n kajuit op 'n skip ingehok is.
Gebruik:
• Die simptome van kajuitkoors sluit in: angs, depressie, rusteloosheid, moedeloosheid, irritasie en die drang om uit te kom.
Sinoniem:
• grendelgriep
• insluitingsvrees
• opsluitingsvrees
Verwant:
• engtevrees
• kloustrofobie
Vertaling:
Engels: cabin fever
Nederlands: cabinekoorts
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|