skelwoord [boodskap #132724] |
Thu, 13 August 2020 20:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skelwoord
Afbreking: skel•woord
Samestelling: skel + woord
Selfstandige naamwoord: skelwoord
Meervoud: skelwoorde
Verkleinwoord: skelwoordtjie
Meervoud van verkleining: skelwoordtjies
Betekenis:
• 'n Term wat bedoel is om iemand te beledig.
Gebruik:
• "Vark" is 'n skelwoord as dit gebruik word om na 'n persoon te verwys.
Wisselvorm:
• skeldwoord
Vertaling:
Engels: abusive word, derogatory phrase, pejorative
Nederlands: scheldwoord
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|