verpligtend [boodskap #132712] |
Thu, 13 August 2020 13:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verpligtend
Afbreking: ver•plig•tend
Byvoeglike naamwoord: verpligtend
Attributief: verpligtende
Betekenis:
• Wat gedoen moet word en afgedwing kan word.
Gebruik:
• Volgens die Suid-Afrikaanse Skolewet van 1996 is skoolonderwys verpligtend vanaf die ouderdom van ses (graad 1) tot die ouderdom van 15, of die voltooiing van graad 9.
Antoniem:
• vrywillig
Vertaling:
Engels: compulsory, obligatory
Nederlands: verplichtend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|