opreg [boodskap #132699] |
Wed, 12 August 2020 20:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opreg
Afbreking: op•reg
Byvoeglike naamwoord: opreg
Vergrotende trap: opregter
Oortreffende trap: opregste
Attributief: opregte
Betekenis:
• Wat eerlik is en die waarheid praat.
Gebruik:
• 'n Mens kan nie altyd reg wees nie, maar jy kan altyd opreg wees.
Sinoniem:
• betroubaar
• eerlik
• karaktervas
• pretensieloos
• waarheidsgetrou
Antoniem:
• aangeplak
• geveins
• onopreg
• vals
Afgelei:
• opregtheid
Vertaling:
Engels: sincere, honest, genuine
Nederlands: oprecht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|