diepsee [boodskap #132698] |
Wed, 12 August 2020 20:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
diepsee
Afbreking: diep•see
Samestelling: diep + see
Selfstandige naamwoord: diepsee
Meervoud: –
Betekenis:
• Die diepste gedeelte van die see, dieper as 1800 meter, waar geen sonlig deurdring nie.
Gebruik:
• Die geweldige druk in die diepsee bemoeilik navorsing aansienlik.
Afgelei:
• diepseebewoner
• diepseeduik
• diepseefauna
• diepseeflora
• diepseegewas
• diepseehengelaar
• diepseelewe
• diepseeondersoek
• diepseepeiling
• diepseevis
Vertaling:
Engels: deep sea
Nederlands: diepzee
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|