dophou [boodskap #132694] |
Wed, 12 August 2020 18:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dophou
Afbreking: dop•hou
Samestelling: dop + hou
Uitspraak: /ˈdɔp.ɦœu̯/
Werkwoord: hou dop, dophou
Verlede tyd: het dopgehou
Teenwoordige deelwoord: dophoudende
Betekenis:
• Om die oë op iets gerig te hou; iets of iemand in die oog hou.
Gebruik:
• Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie. [Prediker 11:4]
Sinoniem:
• gadeslaan
• loer
• toekyk
• toesien
• waarneem
Afgelei:
• dophouer
Vertaling:
Engels: to keep an eye on, observe, watch
Nederlands: observeren, in de gaten houden
Nota:
• Waarskynlik 'n verkorting van die Nederlandse "in de doppen houden'", waar "doppen" na die oë of ooglede verwys.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|