Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Kannie wag 2
Re: Kannie wag 2 [boodskap #13526] Wed, 25 March 1998 00:00
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: February 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dms Skryf:

> Die grootste oomblikke in enige mens se lewe
> is, sy
> 1. Geboorte.
> 2. As hy tot sterwe kom.
> 3. En as hy sou immigreer.

Daar is 3 groot gebeure in 'n mens se lewe:

1. Hy word Gebore.
2. Hy leef sy Lewe.
3. Hy Sterf.

Oor 2 van die 3 het hy weinig beheer.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Kannie wag 2 [boodskap #13527 is 'n antwoord op boodskap #13526] Wed, 25 March 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
Haai Donovan,

Dms wrote in message ...
> Ek wil net sê ek hardloop nie weg nie. Maar ek is oortuig geweld en misdaad
> (die teen woordigheid daar van) is besig om deel te word van baie Suid
> Afrikaners se kultuur. Ek kan nie meer my seun wat volgende jaar Gr1 toe
> gaan meer toe laat om die nuus te kyk nie, hy wil kort kort van my weet
> hoekom skiet hulle mekaar?, waarom is hulle dood? ens, julle weet wat ek
> bedoel.

Ek dink jy moet aanvaar jy gaan dit nie ontkom nie, tensy jy na 'n
sensuurland soos Iran of Albanié gaan. Ek ken verskeie mense in die VSA,
Europa, Austali� en elders wat ook nie hul kinders die nuus laat kyk nie, om
dieselfde rede. Dis nou benewens die ander wat, soos ek, eenvoudig van hul
TV-stelle ontslae geraak het.

> Ons weet wat het 'n klein groepie swart KINDERS (22jaar oud een van
> hulle Gr10) virmag het in Vryheid, en dit is nie 'n UITSONDERING NIE!!

Die plek was Vryburg.

'n Kind beweer sy is deur 'n volwassene seksueel aangerand - met die hulp
van 'n paar ander kinders.

Om te verhoed dat die beweerde misdaad ondersoek word, steek die volwassene
se maatjies die dorp aan die brand.

Dis nou soos ek dit sien.

>
> Piet ek het ook 'n huis in Centurion met diefwering aan die buitekant,
> alarim stelsel, en 'n pistool in die kluis, ek wil nie so leef nie. As stem
> reg vir die swartes beteken ek moet my vryheid om 'n vreesloose en normale
> lewe te ly prys gee, was dit nie die mooite werd nie. Van 1992/4 het ek nie
> meer die volle vryheid van beweging nie, en my kind een dag nog minder.

Donovan, ek dink nie jy of jou kind gaan dit ontkom deur na 'n ander deel
van die wêreld te verhuis nie. Vir 'n beperkte tyd sal jy makliker leef.
Maar dit wat jy nou hier ervaar sal mettertyd al die ontwikkelde
gemeenskappe tref. Dis 'n wêreldwye tendens dat regeringstrukture verval -
ons samelewing is bloot meer kwesbaar daarvoor. Mettertyd gaan ons orals ons
ou maniere van doen moet vervang met strukture en prosesse wat werk vir die
tyd waarin ons is.

Ek dink ons taak is om oplossings te ontwikkel hier waar ons is. As ons dit
nie nou hier doen nie, sal ons en/of ons kinders dit wel later moet doen
daar waar ons heen gaan.

My probleem is dat dit moeiliker word om oplossings te ontwikkel as jy sit
met 'n regering wat konsekwent die feite probeer ontken en sy
verantwoordelikheid in hierdie verband ontduik of aan sy voorgangers of
opponente probeer toeskryf.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Gloudina se Boerehaat
Volgende onderwerp: Bill Clinton besoek Suid-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 00:17:13 UTC 2024