baaikostuum [boodskap #132666] |
Tue, 11 August 2020 18:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
baaikostuum
Afbreking: baai•kos•tuum
Samestelling: baai + kostuum
Selfstandige naamwoord: baaikostuum
Meervoud: baaikostuums
Verkleinwoord: baaikostuumpie
Meervoud van verkleining: baaikostuumpies
Betekenis:
• Kledingstuk om in te swem of in die son te lê en bak.
Gebruik:
• Swemdrag, soos 'n swembroek of baaikostuum, word gewoonlik op strande gedra.
Sinoniem:
• baaipak
• swemkostuum
• swempak
Hiponiem:
• bikini
Verwant:
• baaibroek
Vertaling:
Engels: bathing-costume, bathing suit
Nederlands: badkostuum
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|