sens [boodskap #132626] |
Mon, 10 August 2020 08:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sens
Afbreking: sens
Selfstandige naamwoord: sens
Meervoud: sense
Verkleinwoord: sensie
Meervoud van verkleining: sensies
Betekenis:
• 'n Handwerktuig met 'n lang geboë lem, steel en twee handvatsels waarmee graan geoes of lang gras gesny word.
Gebruik:
• Die sens is grootliks deur masjiene vervang en word vandag met die skoppensboer (die doodsmaaier) geassosieer.
Sinoniem:
• seis
Verwant:
• sekel
Vertaling:
Engels: scythe
Nederlands: zeis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|