Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ruimteman
ruimteman [boodskap #132618] Sun, 09 August 2020 17:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ruimteman in 'n ruimtepak.
'n Ruimteman in 'n ruimtepak.
ruimteman
Afbreking: ruim•te•man
Samestelling: ruimte + man


Selfstandige naamwoord: ruimteman
Meervoud: ruimtemanne
Verkleinwoord: ruimtemannetjie
Meervoud van verkleining: ruimtemannetjies

Betekenis:
• 'n Persoon wat hom buite die dampkring van die aarde begeef. Iemand wat ruimtevaart beoefen en vir dié doel opgelei is.

Gebruik:
• Joeri Gagarin van die Sowjetunie word die eerste ruimteman toe hy op 12 April 1961 vir 108 minute aan boord van die Vostok 1 rondom die aarde gewentel het.

Sinoniem:
• astronout
• kosmonout
• ruimtevaarder
• ruimtereisiger

Vertaling:
Engels: astronaut, cosmonaut, spaceman
Nederlands: ruimteman, astronaut

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rooidwerg
Volgende onderwerp: ruimtepak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 15:50:34 UTC 2025