polfyntjie [boodskap #132593] |
Sat, 08 August 2020 09:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
polfyntjie
Afbreking: pol•fyn•tjie
Selfstandige naamwoord: polfyntjie
Meervoud: polfyntjies
Betekenis:
• 'n Geskenk of voorwerp wat herinneringe aan iets of iemand oproep.
• 'n Pand, iets wat mens in bewaring hou.
Gebruik:
• Louis Leipoldt is bekend vir sy boek Polfyntjies vir die proe.
• Boshoff en Nienaber (1967, p. 511) omskryf 'n polfyntjie as 'n soort koekie, 'n nooientjie, 'n pand by pandspeletjies, of as 'n aandenking.
Sinoniem:
• aandenkinkie
• liefdespandjie
Vertaling:
Engels: souvenir, memento
Nederlands: aandenken, souvenir
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|