Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » morfologie
morfologie [boodskap #132588] Sat, 08 August 2020 08:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
morfologie
Afbreking: mor•fo•lo•gie


Selfstandige naamwoord: morfologie
Meervoud: morfologieë

Betekenis:
(geologie) Wetenskap wat die vorm van landskappe en die prosesse wat dit vorm bestudeer.
(biologie) Wetenskap wat die uitwendige bou van organismes, organe en weefsels bestudeer.
(chemie) Die vorms, strukture en teksture van materiale op 'n skaal groter as die molekulêre skaal.
(taalkunde) Die wetenskap wat die vorming van woorde bestudeer.

Gebruik:
• Die geoloog is verstom oor die berge se unieke morfologie.
• Die bioloog klassifiseer plante volgens hulle morfologie.
• Die morfologie van polimere en hul mengsels kan met 'n elektronmikroskoop bestudeer word.
• Die taalkundige verduidelik dat morfologie te doen het met die kleiner betekenisdraende eenhede waaruit woorde bestaan.

Sinoniem:
• vormkunde
• vormleer

Afgelei:
• morfologies
• morfologiese

Vertaling:
Engels: morphology
Nederlands: morfologie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nekrologie
Volgende onderwerp: molaliteit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 15:37:16 UTC 2025