insekdoder [boodskap #132584 ]
Sat, 08 August 2020 07:53
Leksikograaf
Boodskappe: 21014Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ligte vliegtuig word gebruik om gewasse met 'n insekdoder te bespuit.
insekdoder
Afbreking: in•sek•do•der
Samestelling: insek + doder
Selfstandige naamwoord: insekdoder
Meervoud: insekdoders
Verkleinwoord: insekdodertjie
Meervoud van verkleining: insekdodertjies
Betekenis:
• 'n Middel wat insekte dood.
Gebruik:
• Die vrugte van die maroelaboom maak 'n heerlike likeur, maar is ook 'n effektiewe insekdoder wat gebruik word om vee te dip en teen bosluise te beskerm.
Wisselvorm:
• insektedoder
Sinoniem:
• insektegif
• insektemiddel
Vertaling:
Engels: insecticide
Nederlands: insecticide
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.