aanmerking [boodskap #132565] |
Thu, 06 August 2020 20:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanmerking
Afbreking: aan•mer•king
Selfstandige naamwoord: aanmerking
Meervoud: aanmerkings, aanmerkinge
Verkleinwoord: aanmerkinkie
Meervoud van verkleining: aanmerkinkies
Betekenis:
• 'n Afkeurende opmerking; kommentaar wat meestal negatief van aard is.
• Vir oorweging gekies of voorgestel.
Gebruik:
• Dis nie mooi om aanmerkings oor ander se voorkoms te maak nie.
• Hoekom word dieselfde individue oor en oor vir Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) in aanmerking geneem?
Afkorting:
• aanm.
Vertaling:
Engels: remark, comment, criticism; selected, considered
Nederlands: aanmerking
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|