Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » versekering
versekering [boodskap #132551] Wo, 05 Augustus 2020 12:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
versekering
Afbreking: ver•se•ke•ring
Samestelling: verseker + -ing
Uitspraak: /fərˈsɪə̯.kə.rəŋ/


Selfstandige naamwoord: versekering
Meervoud: versekerings, versekeringe
Verkleinwoord: versekerinkie
Meervoud van verkleining: versekerinkies

Betekenis:
• 'n Bevestiging dat iets waar is.
• Ooreenkoms vir skadevergoeding as verliese gelei word, deur 'n premie aan 'n versekeraar te betaal, waarteen daar later geëis kan word.

Gebruik:
• Die versekering van 'n politikus is min werd.
• Ek hoop jy het darem versekering op jou motor uitgeneem.

Sinoniem:
• dekking

Hiponiem:
• brandversekering
• haelversekering
• inbraakversekering
• lewensversekering
• huisversekering
• motorversekering
• reisversekering

Afgelei:
• versekeringskoste
• versekeringsmaatskappy
• versekeringspremie
• versekeringstarief
• versekeringswese

Verwant:
• assuransie

Vertaling:
Engels: insurance
Nederlands: verzekering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tuig
Volgende onderwerp: aanmatiging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 25 13:22:07 MGT 2024