tuig [boodskap #132550] |
Wed, 05 August 2020 11:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tuig
Afbreking: tuig
Selfstandige naamwoord: tuig
Meervoud: tuie
Verkleinwoord: tuigie
Meervoud van verkleining: tuigies
Betekenis:
• Die rieme waarmee 'n rydier ingespan word; harnas.
• (figuurlik) 'n Beroep of lewenstaak.
• 'n Voertuig of stuk gereedskap (slegs in samestellings).
Gebruik:
• 'n Toom is 'n tuig wat uit 'n halter (koptuig), stang en teuels bestaan.
• Hy is nog nuut in die tuig. Sy het besluit om die tuig neer te lê.
Spreekwoord:
• In die tuig sterf. [Sterf terwyl jy nog met jou gewone werksaamhede besig is.]
Afgelei:
• hommeltuig
• sintuig
• vaartuig
• voertuig
• werktuig
Vertaling:
Engels: harness, rig
Nederlands: tuig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|