| chalet [boodskap #132543] |
Di., 04 Augustus 2020 20:11 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Chalet.
chalet
Afbreking: cha•let
Selfstandige naamwoord: chalet
Meervoud: chalets
Verkleinwoord: chaletjie
Meervoud van verkleining: chaletjies
Betekenis:
• 'n Tradisionele tipe huis, gewoonlik van hout, met 'n skuins, oorhangende dak, wat aan die berghutte van die Alpe herinner.
Gebruik:
• Die chalet het oor tyd 'n gewilde soort vakansiehuis geword, en word tans selfs as 'n sinoniem van "vakansiehuis" gebruik.
Sinoniem:
• Alpehuis
• Alpehut
• vakansiehuis
Vertaling:
Engels: chalet
Nederlands: chalet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|