fris [boodskap #132540] |
Tue, 04 August 2020 14:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
fris
Afbreking: fris
Byvoeglike naamwoord: fris
Vergrotende trap: frisser
Oortreffende trap: frisste
Attributief: fris
Intensief: perdfris, doufris, komkommerfris, lentefris
Betekenis:
• Sterk, groot en gespierd.
• Lewendig en gesond.
• Skoon en vars; helder; koel; verfrissend.
Gebruik:
• Die fris seuns speel rugby.
• Hy is weer fris na sy operasie.
• Daar waai 'n fris luggie buite.
Afgelei:
• So fris soos 'n vis.
Afgelei:
• frisheid
Vertaling:
Engels: fit, strong; healthy; cool, cool, fresh, refreshing
Nederlands: fris
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|