dryfbaan [boodskap #132535] |
Ma, 03 Augustus 2020 20:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dryfbaan
Afbreking: dryf•baan
Samestelling: dryf + baan
Selfstandige naamwoord: dryfbaan
Meervoud: dryfbane
Verkleinwoord: dryfbaantjie
Meervoud van verkleining: dryfbaantjies
Betekenis:
• Plek waar gholfspelers hulle houe kan oefen.
Gebruik:
• Mense wat 'n dryfbaan besoek kan 'n emmertjie balle bestel en na hartelus hulle houe oefen of bloot van hul frustrasies ontslae raak.
Vertaling:
Engels: driving range
Nederlands: driving range
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|