| weiveld [boodskap #132525] |
Ma., 03 Augustus 2020 11:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24203 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Weiveld.
weiveld
Afbreking: wei•veld
Samestelling: wei + veld
Selfstandige naamwoord: weiveld
Meervoud: weivelde
Verkleinwoord: weiveldjie
Meervoud van verkleining: weiveldjies
Betekenis:
• Veld waarop vee kan wei.
• (figuurlik) Plek waar mens vertoef of tyd deurbring.
Gebruik:
• Selfs die beste hooi of voer kom nie naby 'n grasryke weiveld nie.
• Hy het groener weivelde gaan soek.
Vertaling:
Engels: pasture, pasturage
Nederlands: weide, weiland
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|