donderweer [boodskap #132506] |
Sun, 02 August 2020 09:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
donderweer
Afbreking: don•der•weer
Samestelling: donder + weer
Selfstandige naamwoord: donderweer
Meervoud: –
Betekenis:
• Stormagtige weersomstandighede wat met weerlig en donderslae gepaard gaan.
Gebruik:
• Donderweer kom in die nabyheid van cumulonimbuswolke voor, wat ook donderwolke genoem word.
Sinoniem:
• onweer
• swaarweer
Verwant:
• donderslag
• donderstorm
Vertaling:
Engels: thunder, foul weather
Nederlands: donder, onweer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|