buikspreek [boodskap #132505] |
Sun, 02 August 2020 09:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
buikspreek
Afbreking: buik•spreek
Samestelling: buik + spreek
Werkwoord: buikspreek
Verlede tyd: het gebuikspreek
Betekenis:
• Praat sonder om die lippe te beweeg, om die indruk te skep dat 'n pop of iemand ander die woorde spreek.
Gebruik:
• Moenie dat ander jou misbruik om hulle agenda soos 'n pop te buikspreek nie.
Verwant:
• buikspraak
• buikspreker
• buiksprekery
Vertaling:
Engels: to ventriloquise
Nederlands: buikspreken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|