atoomgetal [boodskap #132504] |
Sun, 02 August 2020 09:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
atoomgetal
Afbreking: a•toom•ge•tal
Samestelling: atoom + getal
Selfstandige naamwoord: atoomgetal
Meervoud: atoomgetalle
Betekenis:
• Die aantal protone in 'n atoom se kern; die elektriese lading van die atoomkern, aangedui met die simbool Z.
Gebruik:
• Die atoomgetal van elke element word gewoonlik links onder die element in die periodieke tabel aangedui.
Sinoniem:
• atoomnommer
Vertaling:
Engels: atomic number
Nederlands: atoomgetal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|