onleesbaar [boodskap #132487] |
Sat, 01 August 2020 16:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onleesbaar
Afbreking: on•lees•baar
Samestelling: on- + leesbaar
Uitspraak: /ˌɔnˈlɪə̯s.bɑːr/
Byvoeglike naamwoord: onleesbaar
Vergrotende trap: onleesbaarder
Oortreffende trap: onleesbaarste
Attributief: onleesbare
Partitief: onleesbaars
Betekenis:
• Wat nie maklik gelees kan word nie.
Gebruik:
• Die dokter se handskrif is onleesbaar!
Antoniem:
• leesbaar
Afgelei:
• onleesbaarheid
Vertaling:
Engels: unreadable, illegible
Nederlands: onleesbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|