Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slagoffer
slagoffer [boodskap #132486] Sat, 01 August 2020 16:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
slagoffer
Afbreking: slag•of•fer
Samestelling: slag + offer
Uitspraak: /ˈslaχˌɔ.fər/


Selfstandige naamwoord: slagoffer
Meervoud: slagoffers
Verkleinwoord: slagoffertjie
Meervoud van verkleining: slagoffertjies

Betekenis:
• 'n Dier wat as offer vir 'n godheid doodgemaak word.
• Iemand wat sonder eie skuld nadelig geraak word, of selfs sy lewe verloor.

Gebruik:
• Abraham het vir Isak vertel dat hy die slagoffer sou wees.
• Sy was die slagoffer van 'n plaasaanval.

Sinoniem:
• offerdier
• prooi

Antoniem:
• dader
• oortreder

Vertaling:
Engels: victim, casualty
Nederlands: slachtoffer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: samespraak
Volgende onderwerp: onleesbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 14:11:39 UTC 2025