wysvinger [boodskap #132472] |
Fri, 31 July 2020 19:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wysvinger
Afbreking: wys•vin•ger
Samestelling: wys + vinger
Selfstandige naamwoord: wysvinger
Meervoud: wysvingers
Verkleinwoord: wysvingertjie
Meervoud van verkleining: wysvingertjies
Betekenis:
• Die tweede vinger, wat tussen die duim en die middelvinger lê.
Gebruik:
• 'n Wysvinger voor die lippe teken dat dit nou tyd is om stil te bly.
Sinoniem:
• potlekker
• voorvinger
• indeksvinger
Hiponiem:
• linkerwysvinger
• regterwysvinger
Vertaling:
Engels: forefinger, index finger
Nederlands: wijsvinger
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|