Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » besoedel
besoedel [boodskap #132453] Thu, 30 July 2020 17:41
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21013
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
besoedel
Afbreking: be•soe•del
Uitspraak: /bəˈsu.dəl/


Werkwoord: besoedel
Verlede tyd: het besoedel
Teenwoordige deelwoord: besoedelende

Betekenis:
• Om te bemors en vuil te maak.

Gebruik:
• Die fabriek se afvoer besoedel die rivier.

Sinoniem:
• besmet
• bemors
• bevuil
• kontamineer
• verontreinig

Antoniem:
• reinig

Afgelei:
• besoedelaar
• besoedelde
• besoedeling

Vertaling:
Engels: to soil, pollute, defile
Nederlands: bezoedelen


Byvoeglike naamwoord: besoedel, besoedeld
Attributief: besoedelde

Betekenis:
• Wat vuil en bemors is.

Gebruik:
• Die rivier is met olie besoedel.

Vertaling:
Engels: soiled, polluted
Nederlands: bezoedeld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: noukeurig
Volgende onderwerp: vormbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 12:35:13 UTC 2025