Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » roofdier
roofdier [boodskap #132451] Thu, 30 July 2020 17:20
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21013
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Ses katagtige roofdiere.
Ses katagtige roofdiere.
roofdier
Afbreking: roof•dier
Samestelling: roof + dier
Uitspraak: /ˈrʊə̯f.dir/


Selfstandige naamwoord: roofdier
Meervoud: roofdiere
Verkleinwoord: roofdiertjie
Meervoud van verkleining: roofdiertjies

Betekenis:
• 'n Dier van die orde Carnivora wat hoofsaaklik vleis eet en sy prooi jag.

Gebruik:
• As 'n koedoe deur 'n roofdier of motor gejaag word, kan hy eensklaps oor 'n heining van byna 4 meter spring.
• Leeus, luiperds en hiënas is roofdiere.

Sinoniem:
• predator

Antoniem:
• prooi

Afgelei:
• roofdieragtig
• roofdierbeheer
• roofdierplaag
• landroofdier
• nagroofdier
• seeroofdier

Vertaling:
Engels: predator, beast of prey
Nederlands: roofdier

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vermaak
Volgende onderwerp: noukeurig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 12:39:08 UTC 2025