Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kasteel
kasteel [boodskap #132446] Thu, 30 July 2020 16:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21012
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kasteel.
'n Kasteel.
'n Kasteel in skaak.
'n Kasteel in skaak.
kasteel
Afbreking: kas•teel


Selfstandige naamwoord: kasteel
Meervoud: kastele
Verkleinwoord: kasteeltjie
Meervoud van verkleining: kasteeltjies

Betekenis:
• 'n Adellike woning wat teen aanvalle versterk is.
• 'n Skaakstuk, die toring.

Gebruik:
• Oorspronklik was die reg, om 'n kasteel op te rig, 'n koninklike voorreg, en hierdie reg is net aan 'n beperkte aantal adellikes toegestaan.
• Elke speler begin die spel met twee kastele, een in elke hoek aan hulle eie kant.

Sinoniem:
• burg
• sitadel
• slot

Afgelei:
• kasteelagtig
• kasteelbewoner
• kasteelmuur
• ksateelpoort
• kasteeltoring
• springkasteel

Vertaling:
Engels: castle, citadel; rook
Nederlands: kasteel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: letterkundig
Volgende onderwerp: vertroebeling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 12:24:29 UTC 2025